Ligbron Akademie vir Tegnologie ry fiets by Mankele
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Tegnologie ry fiets by Mankele. 15 van Ligbron se fietsryers het die afgelope naweek aan die Mpumalanga-XCO finaal by Mankele buite Nelspruit deelgeneem en baie goed gevaar. Ligbron is veral trots op drie van hul fietsryers, Armand Nel, Michael Gouws en mnr Duane Purcocks wat gekwalifiseer het om Mpumalanga te verteenwoordig by die SA XCO Cup Reeks wat op 28 – 29 Junie by Cascades MTB Park plaasvind.Dit was egter nie net hierdie drie fietsryers wat goeie prestasies behaal het nie. Die volgende fietsryers het almal binne die eerste tien ryers in hul groep geëindig:
Sub-junior seuns (13-14 jaar):
- Armand Nel: 2de
- Altus Schabort: 10de
Meisies 15-16 jaar:
- Chanè Barnard: 6de
Seuns 15-16 jaar:
- Michael Gouws: 3de
- Christiaan Drotsky: 8ste
Junior mans 18 – 19 jaar:
- AJ Bekker: 7de
- Hilton Haarhoff: 8ste
- Ian Swart: 9de
- Kenneith Barnard: 10de
Sub-Veterane mans 30 – 39 jaar:
- Duane Purcocks: 2de
Meesters mans 50 – 59 jaar:
- Grovè Eksteen: 3de

Armand Nel het tweede geëindig in sy afdeling

Mnr Duane Purcocks het tweede geëindig in sy afdeling

Michael Gouws het derde in sy afdeling geëindig









