Ligbron Akademie vir Tegnologie fietsryers het aan die TWK Liga deelgeneem
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Tegnologie se fietsryspanne het die afgelope twee Saterdae aan die tweede en derde wedrenne in die TWK Liga deelgeneem, wat onderskeidelik in Secunda en Lydenburg plaasgevind het.
Tydens Saterdag se byeenkoms het die Liggies weereens uitstekende prestasies behaal, wat hulle op hierdie stadium vyfde uit 17 skole in die liga plaas. Matthew Warburg (seuns O.16) het tydens albei die wedrenne eerste in sy ouderdomsgroep geeindig. Isabel Engelbrecht (meisies O.16) het ‘n tweede plek behaal in die tweede wedren en ‘n derde plek in Saterdag se wedren. Ruben Krugel (seuns O.15) het in beide wedrenne tweede geeindig.
Hierdie drie ryers is egter nie Ligbron se enigste sterre nie! Die volgende fietsryers het tydens die twee wedrenne onder die eerste tien ryers in hul ouderdomsgroepe geeindig:
- Divan Els: 9de – Sub-Junior seuns O.14
- Rou-An Drotsky: 10de – Sub-Junior seuns O.14
- Anelie Geel: 9de – Sub-Junior meisies O.14
- Lamont Swart: 5de en 6de – Seuns O.15
- Asanda Hlope 10de – Seuns O.15
- Danika Scott: 5de en 6de – meisies O.15
- Kyla Eksteen: 7de – meisies O.15
- Michael Gouws: 4de – seuns O.16
- Serena Geel: 6de – meisies O.16
- Christiaan Drotsky: 8ste en 9de – seuns O.17

Matthew Warburg behaal twee goue medaljes, Isabel Engelbrecht verwerf ‘n silver en brons medalje en Lohan Swart twee silver medaljes tydens die 2de en 3de fietswedrenne in die TWK Liga.
Uit die groot groep laerskool fietsryers wat saam met die Ligbron span oefen, lê Laerskool JJ van der Merwe se span op hierdie stadium tweede uit 18 skole in die liga. Dit is danksy konstante goeie prestasies deur ryers soos Johan Theron, Dian Janse van Rensburg en Rianco Louw. Die laaste wedren in die liga word op 23 Augustus deur Ligbron aangebied.









