Laerskool Aliwal -Noord vs Zastron Gekombineerde Skool
ADVERTISEMENT
Laerskool Aliwal-Noord se rugbyspanne het op Donderdag, 21 Mei, na Zastron gereis vir ’n opwindende dag van rugby teen Zastron Gekombineerde Skool. Die spelers het met trots hul skool verteenwoordig en uitstekende spanwerk, sportmangees en deursettingsvermoë op die veld getoon.
Die o.9A-span het vir een van die mees opwindende wedstryde van die dag gesorg met ’n sterk 28–21 oorwinning. Die spelers het hard gewerk, goeie aanvalsrugby gespeel en nooit moed opgegee nie. Hul veggees en samewerking op die veld het uiteindelik die verskil gemaak.
Die o.13A-span het teen ’n baie sterk Zastron-span te staan gekom en ongelukkig met 12–51 verloor. Ten spyte van die uitslag het die spelers goeie karakter getoon en tot die einde toe bly veg. Die wedstryd het waardevolle ervaring gebied wat hulle vorentoe sterker sal maak.












