Hoërskool Ermelo netbal vaar uitstekend tydens fast 5
ADVERTISEMENT
EHS Impi Visser-toernooi sorg vir mooi sport: fast 5-netbal
Hoërskool Ermelo het ook Fast 5 aangebeid as deel van die Impi Visser-toernooi op 2 en 3 September. Twee van die Erries se spanne het uitstekend presteer:
Crinums (EHS o.15) wen al wedstryde: vs Streepmuise (27-9), vs Sprites (37-5), vs Secunda o.15B (34-19), vs Hans Moore (25-7), vs Secunda o.15A (20-8) in die semifinaal en vs Secunda o.15B (31-18) in die finaal. Hierdie span van EHS stap as o.15-wenners van die toernooi weg. Tharina Viljoen word ook aangewys as o.15-speler van die toernooi.

Die tweede o.15-span van die Erries, Diamonds, verloor ongelukkig hul wedstryde: vs Hans Moore (3-20), vs Secunda o.15A (2-33), vs Phoenix (10-31) en vs Griffons (12-13).
EHS se o.17-span, die Jaguars verloor teen Bees (10-31), asook teen Secunda o.17A (1-29)
Flames is die Erries se anders o.17-span en dié vaar ook uitstekend:
Hulle wen teen Hans Moore (22-13) en Secunda o.17B (29-8), maar verloor teen Astros (20-26). In die semifinaal kom hul te staan teen Bees en wen (20-15), maar val vas in die finaal teen Secunda o.17A (12-36). Die Flames eindig as naaswenners vir o.17 in die toernooi.
Die netbal was in mooi styl en goeie sportmangees gespeel en die liefde vir die sport was deurentyd sigbaar.










