Hoërskool Volksrust SA padfietsuitslae
ADVERTISEMENT
Hoërskool Volksrust SA padfietsuitslae. Oor die naweek van 18 Maart het Francois en Danel de Jager deelgeneem aan die padfiets SA’s te Oudtshoorn. Danél het sommer vroeg-vroeg haar staal gewys en het teen 20 Maart reeds 2 brons medaljes losgery. Francois het strawwe kompetisie in die gesig gestaar en was een van 50 leerders wat as ‘n groep in ‘n sprint klaargemaak het na 72 km se strawwe uithourit. Aan die einde van die kompetisie behaal Danel 3 brons medaljes: Padwedloop, Tydtoets en Crits. Crits kan beskryf word as 15 minute om ‘n baan plus een ekstra rondte vir Danel en 25 minute om ‘n baan plus een ekstra rondte vir Francois. Danel is dus derde in Suid-Afrika in padfiets, in haar ouderdom, onder 15 dogters. Francois het slegs deelgeneem aan Padwedloop en Crits waar hy onderskeidelik 16de en 14de geëindig het, split sekondes agter die wenner.
Op 26 Maart het Francois en Danel ook die groot manne aangevat in Secunde by die Bergfiets Kosmos Wedren. Daar behaal albei die eerste plek! Volgende week vind die SA bergfiets plaas, XCO SA CUP, en Volkies hou styf duimvas vir hierdie twee uitstekende fietsryers.
Foto krediet: Chandre Schultz












