Hoërskool Outeniqua fietsryer het aan die Spargs1000 Padfiets Wedren deelgeneem
ADVERTISEMENT
Hoërskool Outeniqua fietsryer Hannie Vreken het aan die Spargs1000 Padfiets Wedren in Oos Londen deelgeneem. Die wedren is deel van Fietsry Suid Afrika se Nasionale Padfiets reeks vir 2026, en het plaasgevind oor 100km. Hannie het 2de geëindig in die Junior damesafdeling en was algeheel 3de in die vroue kompetisie. Hannie is ook opgeneem in die On Track by NXTG fietsryspan. Dis ‘n fietsryspan wat Junior padfiets en baanfiets ryers ontwikkel en voorberei vir toekomstige internasionale wedrenne met die oog op insluiting in Europese professionele fietsryspanne. Hannie sal in Julie maand saam met die span na Europa toer om in internasionale padfiets en baanfiets wedrenne deel te neem. Welgedaan Hannie!











