Hoërskool Volksrust leerder skitter aan die Provinsiale Padfiets Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Danél de Jager skitter in Provinsiale Padfiets Kampioenskappe! Hoërskool Volksrust is ongelooflik trots op Danél de Jager, ‘n graad 11-leerder, wat die afgelope naweek aan die Provinsiale Padfiets Kampioenskappe in Badplaas deelgeneem het. Sy het in die Junior O/19-afdeling meegeding, al kwalifiseer sy steeds as ‘n o.17-ryer, en het ongelooflike prestasies behaal!
Tydtoets (10 km) – 2de plek!
Padwedren (60 km) – 2de plek!
Danél se deursettingsvermoë en harde werk is inspirerend en ons weet daar lê nog groot suksesse vir haar voor. Baie geluk, Danél! Volkies staan agter jou elke tree van die pad.
![]()










