SAWMGA 2025 uitslae vir Hoërskool Brackenfell
ADVERTISEMENT
Milaan Friend het op 6 en 7 Oktober, die Wes-Kaap verteenwoordig by die SAWMGA 2025 Nasionale Kampioenskappe, te Afridome Parys, Vrystaat. Sy het ook die skool in die SANESA-afdeling verteenwoordig. Oor die 2 dae het sy aan 10 verskillende items deelgeneem. Milaan, saam met haar perd, Miesca, het die volgende resultate behaal – SANESA –
- Overall Winner Level 2 (Algehele 1ste plek) SAWMGA –
- Level Up na Level 3
- Level 3 – Algehele 5de plek
- 3de plek – Keyhole
- 5de plek – Figure 8 Stake
Baie baie geluk, Milaan. Hoërskool Brackenfell is regtig baie trots op jou!













