Hoërskool Brackenfell leerders presteer by die Wes-Kaap Taalquiz
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Marshall van Schalkwyk en Alexis Goliath van Hoërskool Brackenfell. Hulle het die aan die Wes-Kaap se graad 11 Taalquiz vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal deelgeneem. Albei leerders het uitstekend gevaar en in die top 5 geëindig. Na ‘n intense gelykoptelling het Marshall uiteindelik 2de plek behaal. Hy is die eerste seun wat dit reggekry het om in die top 3 vir EAT te eindig!
![]()










