Laerskool Van Riebeeckstrand leerders presteer by die Abigility Wiskunde Kompetisie
ADVERTISEMENT
Laerskool Van Riebeeckstrand is ongelooflik trots op twee van ons slimkoppe, Deniel Wessels en André van Zyl, wat aan die Abigility Wiskunde Kompetisie deelgeneem het. Deniel het ’n fantastiese 3de plek behaal in die diktasiespoedtoets en het boonop die 2025 Top Presteerder Trofee ontvang vir sy uitmuntende prestasie in die wiskunde-abakusberekeninge. André het ewe briljant presteer – hy het 2de plek in sy kategorie behaal en is ook as die 2025 Kampioen aangewys, waarvoor hy met trots sy trofee ontvang het. Baie geluk, Deniel en André – julle harde werk, fokus en deursettingsvermoë het vrugte afgewerp, en ons is só trots om julle as deel van ons Riebie-familie te hê. Julle wys dat wiskunde nie net oor somme gaan nie, maar oor passie, talent en toewyding!










