Hoërskool Stellenbosch leerder is Dubbel Wiskunde-Wenner
ADVERTISEMENT
Hoërskool Stellenbosch is ongelooflik trots op Luc du Toit, ’n Graad 12-leerder, wat as nasionale én provinsiale wenner aangewys is in die Graad 11 & 12-kategorie van die Netwerk24 Wiskundekompetisie — aangebied in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad.
Luc se briljante prestasie het hom ’n R18 000 kontantprys as nasionale wenner besorg, én ’n verdere R5000 as provinsiale wenner!
Hierdie kompetisie het oor die jare ’n instelling geword, en ons is dankbaar dat Luc se talent, toewyding en harde werk op só ’n groot platform erken word. Baie geluk, Luc! Jy is ’n inspirasie vir ons hele skoolgemeenskap.










