Hoërskool Montana slimkop is tweede beste in SA
ADVERTISEMENT
Hoërskool Montana is ongelooflik trots op Gustav Liebenberg, ons Dux-leerder van 2025, wat 98% in Alpha Wiskunde in die nasionale eindeksamen behaal het — die tweede hoogste prestasie in Suid-Afrika! Alpha Wiskunde is ’n hoogs gevorderde vak vir top-presteerders — ver bo die gewone skoolkurrikulum — en vereis uitsonderlike redenasie, toewyding en akademiese insig. Gustav se prestasie getuig van jare se harde werk en deursettingsvermoë. Baie geluk, Gustav — jy maak ons trots en kan nie wag om die res van jou uitslae te sien nie!










