Laerskool George -Suid tennissterre neem deel aan die Interdistrikte Tennistoernooi
ADVERTISEMENT
Laerskool George -Suid se tennissterre het die afgelop naweek aan die Interdistrikte Tennistoernooi in Kaapstad gaan deelneem waar hulle Eden verteenwoordig het. Die o.13 Eden tennisspelers wen goud. Baie geluk! LGS is trots op Mienke Koegelenberg, Eddie Prins, Karli van Aardt en Ella Venter wat deel van hierdie span is. Rebekah Steyls, Lea Booysen, Leah Kruger, Hendré Steenberg en Zian Beukes verteenwoordig Eden se 0.12 span en eindig 2de by die interdistrikte. Baie geluk aan hierdie Loeries wat ons naam hoog hou.














