Hoërskool Parel Vallei se uitstekende akademie spreek vanself
ADVERTISEMENT
Hoërskool Parel Vallei se uitstekende akademiese resultate spreek vanself – op grond van ons 2023-matriekuitslae is PV weer aangewys as een van die Top 20-skole en behaal nasionaal ‘n 7de plek, op grond van ons hoeveelheid vakonderskeidings! PV-leerders neem deurlopend deel aan verskeie olimpiades wat hul grense verbreed en hul vermoëns uitdaag. Die UCT Wiskunde Olimpiade is een van dié olimpiades. Vir die afgelope 20 jaar word Parel Vallei se Wiskundedepartement aangewys as een van die Top 5 skole by dié jaarlikse olimpiade. Vanjaar, gedurende April, het 75 PV-leerders deelgeneem aan die eerste rondte van die olimpiade en baie goed gevaar. Die onderstaande leerders het deurgedring na die tweede rondte!
Voor: Travanin Hugo, Chaeyoon Lee, me Linda van der Merwe (Vakhoof), Jodie João,
Danielle Swanepoel. Middel: Samuel Adendorf, Kyle Cilliers. Agter: Ian Kleynhans, Darius Pfaff, Aiden Burger, Daniel Buckland, Stephan Malan, Johann Malan.
Dit is ’n besonderse prestasie, as ons in ag neem dat omtrent 12 000 leerders aanvanklik deelgeneem het, waarvan slegs die top 250 leerders (dus 50 per graad) genooi is vir rondte twee! Welgedaan aan dié leerders!










