Hoërskool Fichardtpark is trots op hul top 11 studente
ADVERTISEMENT
Hoërskool Fichardtpark is trots op hul top 11 studente. Hoërskool Fichardtpark behaal `n 99,4% slaagsyfer vir die matrieks en 83,6% leerders kwalifiseer vir graadstudies. Ons is baie trots op al ons Matrieks van 2022. Op die Akademiese front sien on suit na `n jaar waar ons as personeel sowel as ouers die pad saam met ons leerders kan loop om die fondasie blokke te bou vir `n standvastige toekoms.
- Niël Arlow kry 8 onderskeidings
- Dawie Botes kry 8 onderskeidings
- Bennie Viljoen 8onderskeidings
- Charne Fernandes kry 6 onderskeidings
- Marius Smith kry 6 onderskeidings
- Rashaan de Koker kry 5 onderskeidings
- Sipho Magqibelo kry 5 onderskeidings
- Monique Cronje 4 onderskeidings
- Simone Germishuys 4 onderskeidings
- Blane Storm 4 onderskeidings
- Natasha Viviers 4 onderskeidings
Natuurlik met die begin van `n nuwe jaar berei ons volstoom voort met die jaarlikse Nashua Sportdag wat op 3 en 4 Maart plaasvind en ons jaarlikse Red Oak/Standard Bank rugby toernooi wat tussen 31 Maart en 3 April paasvind. Dan is daar natuurlik Wesgrow reeks sowel as Stadsliga wat later deur die jaar plaasvind, so daar is verseker baie om na uit te sien. Ons is ook bevoorreg om Supersport schools saam met ons aan boort te kry wat sekere wedstryde lewendig sal uitsaai op die toep Ons sien ook vreeslik uit na die skool se kultuur afdeling, vanaf Koor tot Voortrekkers en drama toneel stukke wat die kultuur diere se harte weer warm sal kry.
Atletiek kry wel vir eers Voorkeur en ons sien uit om weer top gehalte atlete op te lewer vanjaar met byeenkomste wat om die draai is waar ons glo ons atlete is reg om met die ander skole die stryd aan te pak. Ons wil graag die gemeenskap en ons ouers sowel as leerders bedank vir hulle onvoorwaardelike liefde en ondersteuning aan ons skool. Dit word opreg waardeer. Ons tema vanjaar is “versterk” en ons wil graag saam julle die gemeenskap en die stad versterk en sien uit na die jaar wat voorlê!




















