Die Hoërskool Brandwag karateka presteer
ADVERTISEMENT
Ethan Bothma, ‘n graad 9-leerder by Die Hoërskool Brandwag, het deelgeneem aan die 10de JSKA Karate Wêreldkampioenskap wat in Lübeck, Duitsland plaasgevind het tussen 7 en 14 Augustus 2023. 42 Lande het in totaal aan hierdie Wêreldkampioenskap deelgeneem. Hy het baie goed presteer en het die volgende medaljes gewen.
- Team Kumite (free fighting) 14 jaar – 2de plek (silwer)
- Team Kumite (free fighting) 15-17 jaar – 2de plek (silwer)
- Individuele Kumite (free fighting) – 3de plek (brons)
- Same Gender Team Kata (14 jaar) – 3de plek (brons)
- Mixed Gender Team Kata (alle ouderdomsgroepe) – 3de plek brons










