Laerskool Vredekloof leerder verower goud by die Judo Keuringskompetisie
ADVERTISEMENT
Connor Grobbelaar leerder van Laerskool Vredekloof het op Saterdag, 9 Mei 2026, aan die ‘Cape Winelands Judo Team’ se span-keuringskompetisie by Boland Landbouskool deelgeneem. Hierdie kompetisie was die finale keuringsgeleentheid vir deelnemers om deel te vorm van die ‘Cape Winelands Judospan’ wat vanaf 6–12 Julie 2026 aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe in Gqeberha gaan deelneem. Connor het besonders goed gevaar en ’n goue medalje in sy afdeling gewen. As gevolg van sy uitstekende prestasie is hy gekies om die ‘Cape Winelands Judospan’ by die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe te verteenwoordig.










