Hoërskool Zwartkop afrigter behaal nuwe hoogtes
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop se eie Mnr. Willie Engelbrecht is aangewys as die manlike spanafrigter vir die nasionale landloopspan wat in Maart 2024 vir Suid-Afrika by die Landloop Wêreldkampioenskappe te Belgrado, die hoofstad van Serwië, gaan verteenwoordig. Daarmee saam is Wiepke Schoeman en oud-Zwarries, Li-Mari Dekker en Simonay Weitsz, in die seniorspan opgeneem.












