Hoërskool Driehoek karateka dring deur na die SA Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Olivia Olivier van Hoërskool Driehoek met haar uitstekende prestasie tydens die naweek se karate toernooi! Olivia het distrik- sowel as provinsiale kleure verwerf met die volgende uitslae:
- Goud in Kata
- Goud in Wooden
- Goud in Bladed
- Goud in Unison
- Silwer in Kumite
Sy dring ook deur na die SA Kampioenskappe wat in Junie plaasvind. Sterkte met die voorbereidings vir die SA’s, Olivia!










