Hoërskool Fichardtpark Graad 12 Prysuitdeling 2024
ADVERTISEMENT
Op Dinsdag, 15 Oktober 2024, is ons Graad 12 Akademiese presteerders tydens die Akademiese prysuitdeling vereer. Hierdie was ‘n spoggeleentheid en ons is werklik trots op dié matriekklas. Baie geluk aan die volgende leerders met hul uitstekende prestasies:
- Karla Marais – Fichardtparker van die Jaar.
- Rohan van Wyk – Dux-Leerder in Graad 12. Vakprestasies in Afrikaans, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensoriëntering, Fisiese Wetenskappe, IGO, RTT & Rekeningkunde. Ontvang die wisseltrofee vir die beste prestasie in Wiskunde, RTT & Rekeningkunde. Behaal 86.88% – Penning Akademie. Ontvang die wisseltrofee vir die Dux-Leerder in Graad 12.
- Ruald van Heerden – Tweede in Graad 12. Vakprestasies in Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskundige Geletterdheid, Lewensoriëntering, RTT, Toerisme & Verbruikerstudies. Deel die wisseltrofee vir die beste prestasie in Toerisme. Ontvang die wisseltrofee vir die beste prestasie in Wiskundige Geletterdheid. Behaal 85.71% – Penning Akademie. Tweede in Graad 12.
- Miné Kleynhans – Derde in Graad 12. Onder die Top 20 tydens die Graad 12 Fisiese Wetenskappe Olimpiade. Vakprestasies in Afrikaans, Engels Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering, Fisiese Wetenskappe, IGO & RTT. Deel die wisseltrofee vir die beste prestasie in Engels Eerste Addisionele Taal. Ontvang die wisseltrofee vir die beste prestasie in Afrikaans. Behaal 84% – Erekleure Akademie. Derde in Graad 12

Karla Marais en skoolhoof mnr. Vd Merwe

Rohan van Wyk en mnr. C Pienaar

Ruald van Heerden en mnr. C Pienaar

Miné Kleynhans en mnr. C Pienaar
Sport en Kultuur Prysuitdeling 2024:Baie geluk aan die volgende Fichies met hul mooi prestasies. Fichies spog ook met ‘n totaal van 36 Ere-penning toekennings vir leerders wat Nasionaal presteer het.

Judy Watson Sportvrou van die Jaar vir Binne Skoolverband

Matthew Durow Sportman van die Jaar vir Binne Skoolverband

Anja Blom Sportvrou van die Jaar vir Buitesport

Franco Griesel Sportman van die Jaar vir Buitesport

Michael Cruywagen Meelewingstrofee

Karla Marais Kultuurprestasie van die Jaar

Zaine van Zyl
Veelsydigste Leerder
in Sport









