Brackenfell Hoërskool leerder presteer uitstekend
ADVERTISEMENT
Micke van der Westhuizen van Brackenfell Hoërskool het aan die Wes-Kaapse uitdunne van die Con Spirito Kultuurvereniging deelgeneem in die kategorie vir Graad 10-12 leerders, en het uitsonderlik presteer in al vier afdelings waarin sy deelgeneem het:
- Afrikaans Huistaal Voorbereide Redenaars (95%)
- Afrikaans Gedramatiseerde Prosa (95%)
- Afrikaans Monoloog (97%)
- Afrikaans Voorbereide Lees (95%)
Micke is ook aangewys as die itemwenner van die Monoloog- en die Voorbereide Lees- afdeling.
Hiermee het Micke gekwalifiseer om die Wes-Kaap te verteenwoordig in die Nasionale Forté Rondte in Alberton, Gauteng. Daar het sy weereens geskitter en die volgende uitslae:
- Afrikaans Monoloog 91%
- Afrikaans Voorbereide Lees 96%
- Gedramatiseerde Prosa 90%
- Redenaars AFR 1ste Taal 97%
Baie geluk Micke!

Micke van der Westhuizen









