Laerskool Vryheidsmonument rugbyspelers gekies vir die Valke spanne
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Vryheidsmonument se Henru Rheeder en Waldo Roets wat verkies is tot die onderskeie Valke-spanne! Ons is ongelooflik trots op julle prestasie en die wyse waarop julle die skool verteenwoordig. Julle toewyding, harde werk, deursettingsvermoë en passie vir die sport het beslis vrugte afgewerp. Hierdie prestasie is ’n bewys dat harde werk en dissipline beloon word. Mag hierdie geleentheid vir julle nog baie sukses en mooi herinneringe inhou. Ons wens julle alle sterkte toe vir die komende wedstryde en weet dat julle ons skool met trots sal verteenwoordig.
- Henru Rheeder – o.13 Valke Cravenweek-span
- Roets – o.12 Valke-span










