Laerskool Courtrai se judo uitslae
ADVERTISEMENT
Laerskool Courtrai is baie trots op die volgende leerders se prestasies.
Judo
Jurian Dreyer en Alicia Esterhuizen (beide graad 7, 13 jaar oud) het aan die SA Ope Kampioenskappe deelgeneem. Jurian eindig 4de in die individuele kompetisie en 2de in die spankompetisie – hy verwerf daarvoor die silwermedalje.
Alicia wen silwer individueel en goud in die spankompetisie.










