Laerskool Bellville-Noord hou weer eerste keer kleure-atletiek sedert Covid
ADVERTISEMENT
Laerskool Bellville-Noord het vanjaar die eerste keer sedert Covid weer in kleurspanne teen mekaar in atletiek deelgeneem. Die Donderdagmiddag (29 Januarie) was die velditems, en die Vrydag (30 Januarie) die baanitems. Die Gouespan het na afloop van Vrydag beide die Span- én die Sangbeker gewen. Die Victrix Ludorum was Bella Louw (Blouspan) terwyl die Victor Ludorum Nathan Steele (Gouespan) was. Nathan het die vorige dag onder andere die o.12 hoogspring se rekord vanaf 1.39 meter verbeter tot 1.41 meter.
Veels geluk aan elke leerling wat deelgeneem het by Bellville-Noord ons is trots op elkeen wat presteer, maar net so trots op elkeen wat deelneem, al kom hul nie onder die top 3 nie. By ons gaan dit oor massa deelname en ondersteun die een wat laaste kom net so hard soos die een wat ‘n rekord breek.

Bella Louw (links) en Nathan Steele, ons Victrix en Victor Ludorums 2026.

Nathan Steele is hier saam met me. Cariné du Plessis (links, atletiekorganiseerder), sy trotse ma, en mnr. Jacques Viviers (regs, waarnemende skoolhoof) nadat hy die o.12-seuns se hoogspringrekord verbeter het.

Die Gouespan se leiers met een van die twee bekers wat hul voor die neuse van die Blouspan weggeraap het.

Die Gouespan se dirigente met die optog.








