Hoërskool Langenhoven atleet vaar puik by die SA Atletiek Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Leerders van Hoërskool Langenhoven het hulself uitstekend van hul taak gekwyt tydens die SA Atletiek Kampioenskappe, waar hulle teen van die land se top atlete meegeding het.
Die hoogtepunt van die byeenkoms was sonder twyfel Jade Marx se indrukwekkende prestasie in die 5000 m stap. Sy het ’n uitmuntende tweede plek behaal met ’n tyd van 28:39.17 en sodoende haar plek onder die land se beste atlete in haar item bevestig. Hierdie prestasie is ’n bewys van haar toewyding, deursettingsvermoë en ure se harde werk.
Ook het Chelsea Saayman sterk meegeding en ’n agtste plek in die 5000 m behaal met ’n tyd van 19:25,63, terwyl Anika du Plessis ’n vyfde plek in hamergooi behaal het met ’n afstand van 46,0 m.
Om op hierdie vlak deel te neem is reeds ’n besondere prestasie, en Hoërskool Langenhoven is uiters trots op hierdie atlete se harde werk, fokus en toewyding. Hulle het die skool se naam met trots uitgedra.










