Hoër Meisieskool La Rochelle atleet is blitsvinnig en onstuitbaar
ADVERTISEMENT
Die 14-jarige naelloper van Hoër Meisieskool La Rochelle het ’n indrukwekkende prestasie by die SA Skole Atletiek Kampioenskap behaal deur goud te wen in die 100 m (11.88 s) en 200 m (23.90 s). Haar 200m-tyd is ook ‘n nuwe SA-rekord.
Sy het ook ’n 1ste plek in die 4 x 100 m aflos en ’n 2de plek in die medley-aflos behaal – en boonop die trofee vir beste baanatleet van die kampioenskappe ontvang!
Haar uitsonderlike prestasies plaas haar onder die land se top jong atlete en bevestig haar as ’n opkomende ster in SA-atletiek. -Ons is ongelooflik trots op jou!










