Hoërskool Zwartkop se eie “witblits” maak amok op die atletiekbaan
ADVERTISEMENT
Tydens die Hoërskool Zwartkop se Interhuis-byeenkoms het Rico die seuns o/15 800m, 1500m sowel as die 3000m rekords gebreek met tye van 1:57,02, 4:13,16 en 9:47,90 onderskeidelik. Verder het hy ook die seuns o/15 400m item gewen met ’n tyd van 54,82. Hy is deur die skool aangewys as die Beste Junior Baan atleet, Beste enkele prestastie vir seuns en Junior Victor Ludorum vir hierdie geleentheid.
Rico Coetzer
Op 28 Januarie het die Hoërskool Zwartkop die stryd aangesê teen Hoërskool Monument sowel as Hoërskool die Anker op hul eie atletiekveld. Dit was ook by hierdie geleentheid wat Rico behoorlik opslae gemaak het met sy totaal van 1168 ABSA punte en twee nuwe rekords. Die 1500m item het hy in ’n tyd van 4:04 voltooi en die rekord van 1995 (4:22) laat spaander. In die 800m rekord van 1999 (2:03) gebreek met ’n skitterende tyd van 1:57.
Tydens die skool se jaarlikse meriete-aand het Rico verskeie toekennings ontvang. Nie net is hy ’n atletiek-ster nie, maar presteer hy ook op akademiese front. Hy het in 2021, 10 onderskeidings verwerf met ’n gemiddeld van 90,6% en ontvang daarvoor akademiese erekleure. Hy kry ook erekleure vir beide landloop en atletiek en word verder aangewys as junior landloop seun van die jaar, junior atletiek seun van die jaar, beste seuns atleet van die jaar met 1470 punte op die ABSA punte tabel, beste middel afstand atleet van die jaar en die junior sport seun van die jaar. Ons is ongelooflik trots op Rico en sien baie uit om te sien wat hy nog alles gaan vermag in 2022.










