Die Hoërskool Brandwag se top atlete presteer by Kwagga Top 10 byeenkoms
ADVERTISEMENT
10 Van Die Hoërskool Brandwag se top atlete het die afgelope naweek aan die Kwagga Top 10 atletiekbyeenkoms in George deelgeneem. Die volgende atlete het medaljes verwerf:
Baan items:
Christiano Brown (seuns o.14): 1 500 m – 1ste (nuwe rekord), 800m – 2de
Wiehan Maree (seuns o.16): 2de – 800m
Kara Fourie (dogters o.15): 3de – 1 500m
Veld items
Deané Slabbert (dogters o.17) – 1ste Gewigstoot, 3de Diskus
Chanté Mulder (dogters o.16) – 2de Gewigstoot
Zalitha Knoetze (dogters o.16)- 2de Hammergooi










