Hoër Volkskool speel gasheer vir atletiek distrik byeenkoms
ADVERTISEMENT
Op Saterdag 10 Februarie het Hoër Volkskool gasheer gespeel vir die jaarlikse Collie Koeberg Graaff-Reinet atletiekbyeenkoms. Altesaam 40 van HVS se top atlete het aan die byeenkoms deelgeneem en behaal die skool altesaam 29 eerste plekke, 17 tweede plekke en 11 derde plekke. Hierdie besonderse prestasies is die vrugte van harde werk, toewyding en deursettingsvermoë en is HVS trots om 22 atlete deur te sien na die volgende rondte waar die Sarah Baartman Hoërskole Atletiekbyeenkoms in Gqeberha aangebied word op Woensdag, 21 Februarie. Die skool se beste wense vergesel elkeen van hierdie atlete!














