Laerskool Hennopspark leerders presteer by die IMBEWU Noord-Gauteng Wetenskap Ekspo
ADVERTISEMENT
Laerskool Hennopspark is ongelooflik trots op ons kaalvoetkinders wat hul projekte met uitmuntende resultate aangebied het by die IMBEWU Noord-Gauteng Wetenskap Ekspo vir Senior Leerders (Graad 7–12).
- Burger Duvenhage – Brons
- Reinhardt Rossouw – Goud én 2de algeheel van al die projekte!
𝗥𝗲𝗶𝗻𝗵𝗮𝗿𝗱𝘁 𝗵𝗲𝘁 𝗯𝗼𝗼𝗻𝗼𝗽 𝗻𝗼𝗴 𝘁𝘄𝗲𝗲 𝘀𝗽𝗲𝘀𝗶𝗮𝗹𝗲 𝗽𝗿𝘆𝘀𝗲 𝗴𝗲𝘄𝗲𝗻:
- Beste nagevorsde, uitgevoerde en gerapporteerde projek
- SAAB Grintek Defence / Ampath Rekenaarwetenskap – 2de plek
Baie geluk, Burger en Reinhardt – julle laat Hennops se hart trots klop!












