Hoërskool Witteberg waarnemende Skoolhoof vir die jaar 2026
ADVERTISEMENT
Hoërskool Witteberg is trots om die aanstelling van Mnr. Mike Visser as Waarnemende Skoolhoof vir die jaar 2026 aan te kondig. Mnr. Visser, ʼn ervare en gerespekteerde leier by Witteberg het die verantwoordelikheid aanvaar en sê dat hy daarna uit sien om die skool, as deel van ’n spanpoging, verder te dien en te lei.
Sy onderwysloopbaan strek oor meer as drie dekades. Hy het in 1989 sy loopbaan by Hoërskool Hentie Cilliers in Virginia begin en in 1991 by Hoërskool Witteberg aangesluit. In 1993 is hy as Departementshoof vir Lewenswetenskap aangestel en in 2018 as Adjunkhoof en Akademiesehoof. In hierdie rol verseker hy dat Witteberg se akademiese standaard steeds ’n bron van trots bly. In addition to his leadership role, Mr. Visser is well-known as a dedicated sports coach, particularly in rugby. He also enjoys national recognition in his field: between 2015 and 2021 he served as Senior Marker for Life Sciences, and since 2022 he has been serving as Deputy Chief Marker of the National Senior Certificate examination. His academic background includes a BSc degree in Zoology as well as a postgraduate teaching qualification from the University of the Free State.
Mike Visser
Mnr. Sarel Venter, voorsitter van die Beheerliggaam, beklemtoon: “Hoërskool Witteberg staan op ’n sterk fondament. Met ’n bekwame bestuurspan, toegewyde opvoeders en ’n betrokkenheid van ons beheerliggaam, handhaaf ons die hoogste standaarde van onderrig en opvoeding.” Hoërskool Witteberg sien met groot verwagting uit na die jaar 2026 en wil ouers, leerders en die gemeenskap verseker dat die skool steeds sal voortbou, uitbrei en vooruit beweeg. Die hele Witteberg-gemeenskap sê hartlik geluk aan Mnr. Mike Visser – ons staan bankvas agter u!










