Hoër Jongens Seunskool VRL-lid gaan ‘n Jeugleierskonferensie bywoon
ADVERTISEMENT
Hoër Jongens Seunskool VRL-lid, Henré du Plessis, is aangewys as een van die leiers wat Die Burger se 66ste Jeugleierskonferensie gaan bywoon. Hierdie konferensie vind vanaf 8 tot 13 Desember op
die kampus van die Universiteit van Stellenbosch plaas. Vanjaar is die tema: “Veerkragtige leierskap in ‘n tegnologiese wêreld – lei tegnologie ons of lei ons tegnologie?” (Ons hoofseun, Brent Goosen,
en onderhoofseun, Berhard du Toit, is in die buiteland tydens hierdie konferensie.)

Henré du Plessis









