Hoërskool Brackenfell leerders presteer by die opstelkompetisie
ADVERTISEMENT
Chanike Quinn en Kirsten Brown, twee graad 12 Ekonomie-leerders van Hoërskool Brackenfell het deelgeneem aan die finale rondte van die Provinsiale Tesourie en Wes-Kaap Onderwys Departement opstelkompetisie. Kirsten Brown het die algehele kompetisie gewen en Chanike Quinn het ‘n kontantprys gewen. Dit is ‘n briljante prestasie met baie sterk kompetisie. Ons is uiters trots op albei leerders. Baie baie geluk.















