Laerskool Fontainebleau aangewys as een van die Top Laerskole
ADVERTISEMENT
AKADEMIESE TOEKENNING Laerskool Fontainebleau is op Dinsdag, 31 Januarie by die Johannesburg Noord Distrikshoofde vergadering as een van die Top Laerskole in die streek aangewys! Die streek bestaan uit 108 Laerskole. Hierdie toekenning is gebaseer op die 2022 se Graad 6 Afrikaans en Wiskunde uitslae.
Welgedaan aan elke onderwyser vir jul harde werk en toewyding om ‘n hoë akademiese standaard te handhaaf! Graad 6 klas van 2022, dankie dat julle Fonties se lig so helder laat skyn. Ons is trots op julle!
Mev. Vuyi Cindi oorhandig Laerskool Fontainebleau se sertifikaat van uitnemendheid aan ons hoof, Mnr. Kevin Kinghorn.
Sertifikaat ontvang.
Me. Linda-Mari Viljoen (Afrikaans) en Mnr. Nico van Jaarsveld (Wiskunde)
Personeel van Laerskool Fontainebleau










