Laerskool Kathu o.9A krieketspan wys hul staal in Pretoria
ADVERTISEMENT
Red Royals onder 9 A wys hul staal in Pretoria! Laerskool Kathu se Red Royals onder 9 A het op Donderdag 16 Oktober, Pretoria toe gereis om aan die jaarlikse WHPS Krieketfees deel te neem — ’n toernooi wat vier top skole byeenbring: Laerskool Kathu, The Ridge, WHPS en Laerskool Lynnwood.
Die span het oor vier dae verskillende formaat-wedstryde gespeel:
- 1 × 25-beurtwedstryd
- 1 × 30-beurtwedstryd
- 1 × 10-beurt “Pro 10”-wedstryd onder die ligte
- 1 × 20-beurtwedstryd
Die laaste wedstryd teen Laerskool Lynnwood het ongelukkig uitgereën. Die wedstryd het in moeilike omstandighede plaasgevind, met Lynnwood wat teen daardie tyd die oorhand gehad het. Nietemin het ons seuns karakter getoon en hard geveg tot die laaste oomblik voordat die reën ingekom het.
Uitslae:
- Red Royals wen WHPS met 29 lopies
- Red Royals wen The Ridge in ’n naelbytstryd met 2 paaltjies
- Red Royals wen WHPS (Pro 10 onder die ligte) met 10 lopies
- Wedstryd teen Laerskool Lynnwood – uitgereën
Uitstaande prestasies:
- Benjamin Louw – ’n fantastiese 100 lopies van 75 balle teen WHPS
- Zian van der Merwe – 64 lopies van 52 balle teen The Ridge
Elke speler het hul volle gewig ingegooi en waardevolle ervaring opgedoen teen van die beste skole in die land. Hierdie span toon groot potensiaal, maar ook dat daar nog ruimte is om verder te groei. Ons is uiters trots op elke speler se toewyding, sportmangees en verbeteringsgees. Met ses spelers wat volgende jaar weer aan die toer gaan deelneem, lê daar opwindende tye voor vir die Red Royals!















