Hoërskool Bellville presteer by die Distriks-ekspo
ADVERTISEMENT
Die jong wetenskaplikes van Hoërskool Bellville het aan die Distriks-ekspo by Gene Louw deelgeneem, waar elkeen ’n onderhoud gevoer het en waardevolle terugvoer oor hul projekte ontvang het. Hierdie toegewyde leerders werk reeds sedert die begin van die jaar aan hul projekte, en ons sien met opgewondenheid uit na hul deelname aan die Eskom Streeks-ekspo vir Wes-Kaapse skole, wat op 21 en 22 Augustus by Paul Roos aangebied sal word. Ons is uiters trots op hierdie leerders en glo vas dat hulle groot hoogtes met hul projekte sal bereik.











