Hoërskool Driehoek netbalspelers deur na die finale rondte van die Gauteng proewe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Driehoek harte bars van trots oor die volgende 3 netbalspelers wat deurgedring het na die finale rondte van die Gauteng-proewe wat op 27 April by HS Florida gaan plaasvind.
- Christi Beyers (o.16)
- Logan van der Bank (o.15)
- Leané Oberholzer (o.14)
Om só ver te vorder is ‘n ongelooflike prestasie aangesien dit impliseer dat hierdie dogters onder die top 10-12 spelers in hul ouderdom en posisie in Gauteng is!










