Laerskool Cradock Netbal Verslag vs Gill
ADVERTISEMENT
Die netbalspanne van Laerskool Cradock het Saterdag, 27 Julie 2024, teen Laerskool Gill kragte gemeet tydens ons jaarlikse interskole. Die kompetisie was straf vir sekere spanne, maar deursettingsvermoë en sportmanskap het geseëvier.
- Die o.10B-span speel ‘n goeie wedstryd, maar verloor ongelukkig 2-6. Die
- Die o.10A-span speel netbal van hoë gehalte en seevier met ‘n telling van 7-4.
- Die 0.11A-span het ‘n uitdagende wedstryd. Hulle verloor 7-10.
Die o.12B-span het hulle beste gegee, maar Gill se doele was net te akkuraat en hulle wen 5-14. Die o.12A-span gespog met ‘n oorwinning van 15-9. Hulle het mooi as ‘n span saam gespeel en hulle kanse gebruik. Die o.13B-span het uitmuntende netbal gespeel en baie balle afgevat. Hulle wen 11-3. Die o.13A-span het ‘n paar minute geneem om lekker op dreef te kom. Hulle het mooi terug gekom en stap as oorwinnaars van die baan. Die telling was 18-10 in Cradock se guns. Laerskool Cradock is trots op alle netbalspelers vir hul positiwiteit, uithouvermoë, goeie gesindheid op die sportveld. Baie dankie vir elke ouer en getroue ondersteuner langs die baan.










