Curro Durbanville presteer by die Oppie tong af-Redenaarskompetisie
ADVERTISEMENT
Nege van Curro Durbanville leerders het onlangs aan die Oppie tong af-Redenaarskompetisie deelgeneem en uitstekend presteer. Hulle behaal ‘n totaal van: 1 B+, 3 A, 1 AA, 4 A+ en 3 A++ simbole. Ons is besonder trots op Luca Human, Anja Muller en Milla Vorster wat na die Nasionale Finaal van hierdie kompetisie deurgedring het wat in Oktober in Centurion plaasvind. Baie geluk aan al die leerders met die uitsonderlike prestasies!











