Hoërskool Framesby redenaar het aan die landsfinaal van ATKV-redenaars in Bela-Bela gepraat
ADVERTISEMENT
Jemima Oosthuizen (Gr. 8) het op 14 Augustus aan die landsfinaal van ATKV-redenaars in Bela-Bela gepraat. Sy het die onderwerp (Moet ondersteuners by skolesport toegelaat word) oortuigend aangebied in die kategorie Gr. 8-9 Huistaal (onvoorbereid) teen 24 van die land se
ander top-raakpraters. Sy het wel nie in die top drie geëindig nie, maar daar bestaan steeds die moontlikheid dat sy in die top 10 kan eindig as die volledige resultate later gepubliseer word.










