Rugby prestasie vir Laerskool Stellenbosch leerder
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Stellenbosch leerder André Grobler wat gekies is vir die WP o.13-rugbyspan – ’n besonderse prestasie wat getuig van harde werk, deursettingsvermoë en talent op die rugbyveld.
![]()
Jou toewyding en passie vir die spel het vrugte afgewerp, en ons is ongelooflik trots op hierdie groot mylpaal. Mag hierdie geleentheid vir jou baie sukses, waardevolle ervaring en onvergeetlike herinneringe inhou. Baie geluk met die mooi prestasie en sterkte vir die wedstryde wat voorlê!










