Laerskool Hartswater se Jaarlikse Prysuitdeling 2025
ADVERTISEMENT
Wat ’n seëning om Laerskool Hartswater se leerders se harde werk, groei en uitmuntende prestasies te vier! Elke prys wat toegeken is, getuig van deursettingsvermoë, geloof, en die krag van samewerking tussen leerders, ouers en onderwysers. “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.” – Matteus 5:16 Hulle is ongelooflik trots op elke leerder wat hul lig laat skyn het hierdie jaar. Mag hierdie prestasies ’n herinnering wees dat harde werk, geloof en ondersteuning altyd vrug dra. Baie dankie aan al die ouers vir julle onwrikbare steun – saam bou ons aan ons kinders se toekoms!

























































