Laerskool Bellville-Noord besoek die Kasteel de Goede Hoop
ADVERTISEMENT
Laerskool Bellville-Noord se Groentjiesklub vir die eerste keer in jare die geleentheid gehad om die Kasteel de Goede Hoop te besoek. Die uitstappie het aan leerders ‘n waardevolle kykie gebied op een van Suid-Afrika se oudste historiese landmerke en sy belangrike rol in die land se geskiedenis.
Hoewel die tekens van verval op sommige plekke sigbaar was, het dit nie afbreuk gedoen aan die interessante ervaring nie. Die leerders het met groot belangstelling na die geskiedenis, argitektuur en stories van die kasteel geluister en baie nuwe kennis opgedoen.
Die besoek het nie net hul begrip van die verlede verdiep nie, maar ook hul waardering vir die bewaring van ons kultuur- en geskiedeniserfenis versterk. Dit was ‘n leersame en genotvolle dag wat beslis nog lank onthou sal word.










