Hoërskool Bredasdorp matrieks laat nie reën hulle onderwêreld-ervaring stuit nie
ADVERTISEMENT
Nie eers die swaar reën wat vandeesweek in die Wes-Kaap uitgesak het, kon 2026 se gr 12 Afrikaanse Huistaal klas van Hoërskool Bredasdorp keer om in Swellendam na die produksie van hul voorgeskrewe Afrikaanse Roman, Onderwêreld, te gaan kyk nie.
Hulle het die vertoning besonder baie geniet en sal definitief baatvind by die praktiese uitbeelding van verskeie aspekte wat in die boek belangrik is. Hulle was ook beïndruk om verskeie bekende akteurs wat in onder andere Binnelanders, Diepe Waters, Getroud met Rugby en Spoorloos speel, in aksie op die verhoog te sien.
Dit was lekker om saam met buurskole van Swellendam, Bonnievale en Riviersonderend hierdie besondere produksie te geniet. Onder: Die entoesiastiese matrieks kon onmoontlik in die stortreën op Swellendam ‘n foto neem, maar het daarop aangedring om in hul eie skoolsaal ‘n foto saam met hul Afrikaanse opvoeders, mee Liezel van Schalkwyk en Nuwie van der Walt, te neem.










