Die Laerskool Bellville-Noord stadjapies besoek ‘n landbouskou
ADVERTISEMENT
Laerskool Bellville-Noord se Groentjiesklub het Saterdag, 9 September, gaan inloer by die Swartlandskou op Moorreesburg. Die kinders het die verskillende uitstallings, beoordeling van allerlei plaasdiere asook die kompetisies in die groot arena terdeë geniet en baie interessant gevind. Die groot masjinerie waarmee geboer word was een van die hoogtepunte en hul het dit geniet om in die stuurkajuite te klim.














