Die vreugdevure brand hoog in Hoërskool Overkruin
ADVERTISEMENT
Hoërskool Overkruin is só trots op ons eerstespan, wat Saterdag Ovies se vlag hoog laat wapper het in die Noordvaal Cup-finaal met hulle sege van 28-27 teen Bergsig Akademie in Rustenburg. Uitstekend manne, en baie geluk! Dankie aan Bergsig vir ‘n taai wedstryd wat in goeie gees gespeel is, en geluk ook met julle suksesvolle seisoen.
Baie dankie aan almal betrokke wat hierdie sege moontlik gemaak het: die afrigters, elke speler vir julle “guts” en deursettingsvermoë deur die hele seisoen deur nooit op te gee nie, die spanbestuur, elke ouer vir julle opfferings, en almal in Ovieland wat elke sekonde agter ons gestaan het!










