Rugby prestasie vir Hoërskool Die Wilgers
ADVERTISEMENT
2025 was ’n mylpaaljaar vir rugby by Hoërskool Die Wilgers. Vir die eerste keer het ons spanne in Afdeling 2 van die Noordvaal-reeks meegeding – en wat ‘n ongeloofl ike begin was dit gewees!
Ons o/14-span het die Wilgers-vlag hoog laat wapper deur ’n briljante 2de plek in hul liga te behaal. Die o/15’s en ons 1ste span het dapper deurgedruk en elk 6de geëindig – ’n prestasie wat hul harde werk en toewyding duidelik weerspieël.
Die ware hoogtepunt was dat al drie hierdie spanne vir die Noordvaal-toernooi gekwalifi seer het – ’n merkwaardige mylpaal vir ons eerste jaar in Afdeling 2. Die o/14’s en ons 1ste span het selfs verder tot in die kwarteindstryd, gevorder – ’n bewys van hul vasbyt en Wilgers-gees. Ons 1ste span het vir geskiedenis gesorg toe hulle Limpopo se nr. 1 span, Ben Viljoen, in die Noordvaal-uitspele oortuigend met 36–18 verslaan het. Dit is ’n wedstryd wat lank in die geheue van Wilgers-rugby sal voortleef! Om uiteindelik 12de uit 29 skole, in Afdeling 2, te eindig, is iets waarop ons as skool ongeloofl ik trots kan wees. Dit
wys dat Wilgers-rugby op pad is na nog hoër hoogtes. ’n Groot dank aan elke speler, afrigter en ondersteuner wat bygedra het tot hierdie ongeloofl ike seisoen. Julle het gewys dat Wilgers nooit terugstaan nie – ons groei; ons veg en ons bou saam aan ’n trotse rugbytoekoms.












