Rugby-uitslae vir Die Hoërskool Brandwag tydens die Graeme College-fees 2026
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Brandwag het goeie, kompeterende rugby teen Dale College gespeel. Waardevolle lesse is geleer en sterk vertonings is deur al die spanne gelewer. Die 1ste span kon net-net nie hul kanse benut nie en sal weet hulle het geleenthede laat glip. Daar was egter baie positiewe fasespel en energie wat wys dié span is naby aan iets groot.
Die o.16-span het ná ‘n harde, kompeterende stryd in die doodsnikke van die wedstryd verloor. Hulle het tot die einde geveg en hul karakter en veggees was duidelik.
Die o.15-span speel baie goeie rugby en wys mooi samewerking en selfvertroue. Hulle bou sterk momentum en begin hul stempel op die seisoen afdruk.Die o.14-span het nog baie harde werk voor, maar daar is beslis potensiaal om op te bou. Met die regte ingesteldheid en harde werk gaan hierdie groep vinnig groei.
Ons fokus bly op ontwikkeling, dissipline en trots in elke trui wat gedra word. Dankie aan almal wat die skool en die seuns ondersteun.










