Laerskool Stulting krieketuitslae
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Stulting se krieketspanne met hulle puik vertoonings op die krieketveld. Sien uitslae:
Mini-krieket vs Jeffreysbaai:
Ons O/8-span het gister kragte gemeet teen Jeffreysbaai en wat ’n fantastiese dag was dit nie!
Albei wedstryde is gewen met groot glimlagte, goeie spanwerk en ongelooflike entoesiasme op die veld.
Ons jong spelers het gewys dat harde werk en deursettingsvermoë vrugte afwerp. Elke lopie, elke vangbal en elke boulbeurt het bygedra tot twee welverdiende oorwinnings!
Baie trots op ons O/8’s! Julle is ware kampioene in wording!
o.11
Stulting se 0/11A krieketspan het ’n puik vertoning gelewer teen Kruisfontein. Stulting het eerste gekolf en ’n indrukwekkende 151 lopies in 15 boulbeurte aangeteken.
Met die bal in die hand was hulle net so gevaarlik en het Kruisfontein vir slegs 46 lopies uitgehaal. ’n Oortuigende oorwinning van 105 lopies!
Pieter was uitstekend met die kolf en teken 53* lopies aan, terwyl Neil 24* bydra.
Bendré neem 4 paaltjies en staan net 10 lopies af.
Pieter blink ook met die bal uit met 3 paaltjies vir slegs 3 lopies.
Ons 0/11B-span het ook gespeel en hierdie keer was dit teen Jeffreysbaai. Al het Stulting se span hierdie keer met 44 lopies verloor, het hulle goeie veggees en deursettingsvermoë gewys tot die einde.
Baie geluk aan al spanne met julle harde werk en trots waarmee julle Stulting verteenwoordig!
U13:
Cricket: Stulting u/13 vs Kruisfontein
After choosing to bowl first, the players showed great discipline and teamwork to bowl Kruisfontein out for just 67 runs.
Henko Alers led the bowling attack with an outstanding 4/18.
Franco Maritz, taking 3/7 in a superb spell.
Stulting chased down the total in only 8 overs to win by 8 wickets.














