Hoërskool Dr EG Jansen krieketspeler laat die paaltjies kantel tydens die CSA Jeugweek
ADVERTISEMENT
Jaco Engelbrecht maak geskiedenis! Jaco het 7 paaltjies vir slegs 3 lopies teen Kai tydens die CSA Jeugweek geneem. Hy het 6 paaltjies van 6 agtereenvolgende goeie balle laat kantel wat moontlik ‘n eerste in CSA Jeugweke is! Hy is ook as die speler van die wedstryd aangewys. Baie geluk, Jaco! Jy maak Hoërskool Dr EG Jansen trots!










